Die eienaar, Roland van Tonder het groot geword as n bees-boer-seun met ‘n liefde en passie vir vleisgehalte en boer self die afgelope 25 jaar met beeste. Hy boer met Drakensbergers, Chianinas en nou ook Wagyu’s.
Elite Genetics het ‘n visie om goeie Wagyu genetika te gebruik om bo-gemiddelde gebalanseerde diere mee te teel. Vir Elite Genetics is konstante genetiese vordering van kardinale belang en vorm die basis van die teelplan. Ons maak gebruik van kunsmatige-insiminasie en embrio oorplasings, om hierdie genetiese vordering te versnel, wat spruit uit beproefde Australiese en plaaslike genetika van die volbloed Japanese swart bloedlyn.
Elite Genetics het ten doel om genetika daar te stel wat stoet-telers in staat sal stel om vinniger goeie genetiese vordering te toon en vir die kommersiële boer om goeie F1 diere te teel om sodoende ‘n premie op sy produk te ontvang.
Ons is ‘n lid van die Suid Afrikaanse Wagyu Genootskap asook ‘n geregistreerde lid by die Certified Wagyu Beef handelsmerk program van Suid-Afrika.
Stoet ID: EGS
Roland en Celia van Tonder